Dr Ajesh Maharaj
Rheumatologist
Westville - Durban

MB.BS.IMS.BHU(Varanasi);
H.Dip.Int.Med(SA);
FCP(SA) Cert in Rheumatology(SA)

Back to Top

Osteoartritis

Wat is Osteoartritis (OA)?

normale gewrig

OA is ’n soort van gewrigsontsteking waar skade voorkom aan die oppervlakte van die gewrigte saam met die onreëlmatige voorkoms van die naby geleë beendere. ‘Ostea’ beteken been en ‘artritis’ beteken beskadiging van die gewrig en inflammasie. Verskeie ander woorde word soms gebruik om die siekte te beskrywe, soos ‘arthrosis’ en ‘ontaarde agteruitgaande gewrigs ontsteking’. Hierdie beskrywings verwys almal na dieselfde soort siekte.

Die punte van ons beendere word bedek deur ’n dun lagie gladde kraakbeen. Dit werk soos ’n skokbreker vir die gewrig en die gladde oppervlakte sorg vir vrye beweging. Die beenpunt en die kraakbeen word omhul deur ’n vlies (die gewrigsvlies) wat ’n klein hoeveelheid dik vloeistof vervaardig wat weer die oppervlaktes smeer en die kraakbeen voed (die gewrigsvog). Buiten om die gewrigsvlies is ’n sterk beskermende omhulsel en ligamente wat die gewrig kontroleer en beheer, en so beskadiging voorkom.

 

osteoartritis

Wanneer OA die gewrigte aantas, word die kraakbeen dunner en die oppervlakte growwer. Die been onder word dikker en groei langs die kante uit asof dit moontlik beweging wil verhoed. Die gewrigsvlies word ’n bietjie ontsteke en meer vog word gevorm, wat dan die gewrig ’n bietjie laat opswel. Die omhulsel en kraakbeen mag verdik en gerek word.

In die meeste gevalle is hierdie veranderinge matig, maar somtyds is dit meer dramaties. Daar mag heelwat beskadiging aan die kraakbeen wees, wat die dik been onder blootlê. Kalkerige kristalle mag vorm in die oorgeblewe kraakbeen en gewrigsvlies (chondrocalcinosis) en mag in die gewrigsvog ronddryf. Die gewrigte word somtyds misvormd.

Wanneer die weefsel onder die mikroskoop ondersoek word, word dit duidelik dat die gewrig die skade probeer reg stel.

OA veroorsaak dikwels geen moeilikheid nie. Alhoewel ernstige beskadiging aan die struktuur en funksie van die gewrig pyn en bewegingsstremming kan veroorsaak.Hoewel genesing normaalweg begin, net soos in enige ander deel van die liggaam, word sukses selde behaal en ongelukkig, nie dikwels genoeg of gou genoeg nie.

Die Oorsake

Ten spyte van baie jare se navorsing, weet ons steeds nie wat OA veroorsaak nie. Soos met so vele ander onverklaarbare siektes is dit heelwaarskynlik ’n kombinasie van ’n hele paar fakture i.s.v. net een oorsaak. Sommige van hierdie omstandighede sluit die volgende in:

oorsake

Ouderdom: OA is algemeen onder die ouer garde, alhoewel dit soms by jonger mense voorkom. Ouderdom alleen kan nie OA veroorsaak nie, tensy jy 200 jaar oud word, maar ouderdom kan dalk ’n bydrae lewer.

Gewrigsbeskadiging a.g.v. ’n besering: Die gewone werksaamhede van die gewrigte kan nie tot OA lei nie; gewrigte kan nie ‘uitgewerk’ word nie. Nietemin kan ’n ernstige besering of ’n operasie aan die gewrig by ’n hoër ouderdom, ’n invloed hê.

Oorerwing: Sekere soorte OA kom by families voor – veral die soort wat die hande van middeljarige vroue beïnvloed. Oorerwing het min invloed by meeste van die ander soorte.

Ander soorte gewrigsontstekings: Somtyds blyk dit dat OA veroorsaak word deur gewrigs beserings van ’n ander aard jare gelede. Natuurlik moet daar ook ander oorsake wees, maar huidiglik weet ons nog nie wat dit kan wees nie. Ons weet nietemin genoeg om sekere bygelowe die nek in te slaan. Om oorgewig te wees, is nie ’n goeie ding nie, maar OA word nie veroorsaak deur jou dieët, oefening, die weer of ’n skok nie.

Wie ly aan Osteoartritis?

Ongeveer 5 miljoen mense in S.A. ly aan OA., maar menige sal nooit weet, of het nie pyne nie, alhoewel dit algemeen by X-strale opgemerk word. Dit begin gewoonlik in die 50 jare, maar kan eintlik te enige tyd begin na 30. Dit tas vroue effe meer dikwels aan as mans. Dit kom oor die hele wëreld voor, was algemeen dwarsdeur die geskiedenis van die mens, en toon geen respek vir sosiale stand of posisie nie.

Verskillende soorte OA

geafekteerde-gewrigte

OA het baie afwykings en daar is baie verskillende soorte wat verskillende gewrigte aantas. Die knieë, hande, heupe en die groottoon word die meeste aangetas. OA in die knieë is meer algemeen by vroue as by mans. Dit volg somtyds na ’n besering of ’n operasie (soos wanneer die kraakbeen verwyder word), maar by die meeste mense kan die oorsaak nie bepaal word nie. Dit meeste probleme word ondervind gedurende die 50 tot 60 en 70 jariges.

OA in die heupe word by eweveel mans as vroue aangetref, en begin gewoonlik vroeër as by die knieë. Baie gevalle het ’n aanknooppunt by geboorte van die kinderjare – wat nie vroeg genoeg ontdek was nie. Byvoorbeeld, ontwrigting van die heupe by babas, of verwronge groei by kinders. As hierdie kinderprobleme nie behoorlik behandel word nie, kan dit later OA veroorsaak. Die oorsake kan nietemin selde bepaal word. ’n Aangetasde been is somtyds effens korter a.g.v. die afwyking van die heupgewrig. Pyn in die rug en knieë kom ook dikwels voor.

OA in die hande kom die meeste voor by vroue en begin gewoonlik met die aanvang van hul menopouse. Die onderent van die duim en die gewrigte aan die punte van die vingers word die meeste aangetas. By tye word die gewrigte rooi, geswel en gevoelig, veral gedurende die eerste jaar van die siekte. Later word knopperige swelsels aan die vingerpunte gevorm, maar dis nie gevoelig nie en die hande word nie misvorm of nutteloos nie. Hulle word ‘Heberden se knoppe’ genoem na die Engelse internis, William Heberden, wat hulle heel eerste beskrywe het.

OA van die voet kom gewoonlik aan die onderpunt van die groottoon voor. OA maak die toon styf wat loop en buigbaarheid bemoeilik en pynlike knobbels vorm.

OA wat by die nek en rug voorkom, word ‘spondylosis’ (werwelmisvorming) genoem.

X-strale wys dat die toestand baie algemeen is, maar dit veroorsaak selde probleme en toon selde ’n verband tussen die pyn en styfheid van die rug. Omtrent die helfte van die bevolking kry rugpyn van tyd tot tyd, maar OA is nie die enigste, selfs nie eens die belangrikste, oorsaak hiervan nie.

Jou huisdokter mag die term ‘algemene OA’ gebruik wanneer ’n hele paar gewrigte aangetas is. Dit kom die meeste by vroue voor wanneer die hande aangetas word en later ontwikkel OA by die knieë en ander gewrigte, sowel as spondylosis. Dit versprei nietemin nie na al die gewrigte toe nie en beïnvloed ook nie ander dele van die liggaam nie – ten spyte van die benaming.

OA en verkalking van die gewrigte word gevorm wanneer ’n kalkagtige neerslag van kalsium soute (sigbaar op X-straalplate) vorm, veral by ouer persone met meer ernstige gewrigsontsteking. ‘Chondrocalcinosis’ is een van verskeie benaminge wat deur dokters gebruik word om die toestand te beskrywe. Die OA wat hierby betrokke is, is somtyds effens anders as by diegene wat aan chondrocalcinosis ly.

Wisselvalligheid

Somtyds ontwikkel OA in ander groepe van gewrigte as die sulkes hier vernoem – die siekte is só wisselvallig dat dit moeilik word vir ’n dokter om te veralgemeen.

Daar is nie ’n gemaklike verduideliking waarom ’n persoon ernstige afwykings in ’n gewrig, of meer as een gewrig toon, of waarom ander gewrigte soos by die elmboog, pols of enkel aangetas word nie.

Kentekens en Simptome

OA ontwikkel ongemerk en vererger langsaam, gewoonlik oor ’n periode van maande of jare. Die hoof kenmerke is pyn en styfheid. Die pyn is gewoonlik erger wanneer die gewrig gebruik word en aan die einde van die dag. Na ’n rus periode verdwyn die styfheid gewoonlik. Die beweegruimte van die gewrig verminder en die gewrig kraak en knak.

Die simptome is gewoonlik wisselvallig, moeilike tye wat »n paar weke of maande duur, word afgewissel met meer verdraagbare periodes. Klam weer kan gewrigspyn by sommige lyers bemoeilik.

Die gewrig is dikwels effens geswel, wat moontlik die aanwesigheid van óf been óf vloeistof is, en dit mag verskil in graad. In hewiger aanvalle is die pyn ononderbroke en die lyer word geaffekteer nie net gedurende rus periodes

nie, maar ook gedurende die nag. Ongelukkig verstaan ons steeds nie die oorsake van die pyn en styfheid nie en ook nie die brand-gevoel wat somtyds ervaar word nie.

Diagnose

Die kentekens en simptome wat hierbo genoem word, bevestig die diagnose. Jou dokter kan die beenderige swelsels sien en voel en hoor hoe die gewrigte kraak wanneer hy/sy jou ondersoek. ’n X-straal word gewoonlik geneem en wys die verdunning van die kraakbeen en ander beenveranderinge. Daar bestaan nie ’n bloedtoets wat OA kan uitwys nie. Nietemin is dit somtyds behulpsaam om die ander soorte van gewrigsontsteking uit te ken. Alhoewel die X-strale die diagnose bevestig, kan dit nie aandui wat die voortsetting van die siekte sal wees nie. Probleme wat die X-strale aandui, beteken nie noodwendig baie pyn en verminking in die toekoms nie.

Die Vooruitsigte

dianosering-van-osteoartritis

OA vererger nie altyd nie. Die meeste mense wat aan OA ly, word nie kreupel nie en word nie vermink nie – hulle lei ’n normale lewe. In meeste gevalle blyk dit ’n hoogtepunt te bereik ’n paar jaar nadat die eerste simptome opgemerk is en bly dan óf dieselfde óf verbeter selfs ’n bietjie. By sommige lyers vererger een of twee van die gewrigte (veral die heup of knie) deur die jare en mag selfs baie pynlik en verwronge raak.

Soms kan die toestand selfs onverwags verdwyn, maar dis ongewoon. Dit is nie moontlik vir die dokter om die toestand vir elke indiwidu te voorspel nie. Daar is geen bewyse dat die gebruik daarvan, dieët of behandelinge van die gewrig, enige invloed het op die natuurlike ontwikkeling van OA nie.

Behandeling

Al is daar nie genesing vir die siekte nie, is daar nogtans baie maniere om die simptome te verlig.

Eerstens: Verlig die spanning op die pynlike gewrigte. Drukking maak nie ’n groot verskil op die beskadiging van die gewrigte nie, maar dit beïnvloed wel die pynvlak. Deur ’n paar kilogram te verloor, verlig die drukking op die heupe, knieë en voete. Deur ’n kierie te gebruik, word die drukking op ’n seer heup of knie verlig.

Tweedens: Werksaamhede wat aanhoudende abnormale krag op die gewrig uitoefen, sal heelwat pyn veroorsaak en moet liefs vermy word. Dit is nietemin belangrik om fiks te bly en aktief te wees en die gewrig voluit te laat beweeg. As dit moeilik word om tuis beholpe te raak, kan ’n arbeidsterapeut raad gee oor hoe om beweging te bevorder en die gewrigte te beskerm.

Fisioterapie versterk die spiere rondom die gewrig en beskerm dit. Oefeninge en lokale behandeling kan help om pyn te verlig en verbeter ook die werking daarvan. Kort kursusse wat ’n paar behandelinge elke paar weke of jare insluit, sal gewoonlik help om die gewrigte goed te laat werk, die spiere sterk te maak en die werking normaal te hou. Toesighoudende kursusse in warm water (hydrotherapy) word somtyds voorgeskryf om pyn te verlig en om beweging te verbeter.

Somtyds word pynstillende tablette soos paracetamol voorgeskryf om die simptome te verlig en om dit makliker te maak om rond te beweeg. Dis beter om hierdie medisyne te gebruik gedurende moeilike tye of wanneer meer aktiwiteit benodig word. Moet nooit die voorgeskrewe dosis oorskry nie en moet nooit onophoudelik gebruik nie.

’n Effense ontsteking in die gewrig mag bydra tot die pyn en onbuigsaamheid. Die erger graad van die ontsteking verskil van toestand tot toestand. Die dokter mag ’n reeks anti-inflammatoriese tablette voorskryf.

Hierdie tablette help sommige mense en ander nie, maar word definitief nie benodig as daar geen ontsteking is nie.

Somtyds mag ’n direkte inspuiting in die gewrig help. Dit word gewoonlik gebruik vir mense met pyn in die duime en ongewone gevalle, maar die gebruik word nie aangeraai vir die meeste gevalle van OA nie.

’n Operasie is dalk die laaste opsie vir daardie gevalle waar onuithoudbare pyn ontwikkel het, ten spyte van al die behandeling. ’n Heup vervanging is baie suksesvol vir ernstige gevalle. Knie operasies is net so betroubaar. Al meer en meer suksesvolle soorte gewrigsvervangings kom voor en vaardighede word steeds uitgebrei.

Self Help

Daar is baie maniere waarmee jy jouself kan help as jy aan OA ly. Hou aan met beweeg, maak seker dat jy jou gewrigte tot hul volle lengte kan beweeg en moenie die ander gewrigte vergeet nie. Moenie die gewrigte verrek nie, maar bly aktief. Jy kan nie jou gewrigte uit-werk nie!

Spesiale oefeninge vir ’n bepaalde gewrig kan baie help. Die gepaste oefening sal afhang van die gewrig wat aangetas word en tot hoe ’n mate die gewrig aangetas is.

Deur te leer hoe om te ontspan, hoe om deur spanning te werk, veral wanneer pyn ondervind word, sal baie help. Fisioterapeute en beroepsterapeute gee raad i.v.m. ontspanningsoefeninge, hoe om stramheid te oorkom, hoe om gewigsooreising te voorkom en hoe om pyn te hanteer.

Die kurses “Self Help Management Course” aangebied deur die Stigting van Artritis word beskou as van onskatbare waarde.

Kontak die Program Ko-ordineerder by ons Nasionale Kantoor vir verdere informasie.

Antwoorde op sekere vrae

Wat van die toekoms?

Alhoewel OA dikwels pynlik is en angstigheid veroorsaak, lei dit selfde tot mankheid of misvormdheid van die gewrigte. Dit mag wel lastig wees, maar dis darem nie ’n

ramp nie. Dit skakel nie oor na rumatief of ander vorms van gewrigsontsteking nie en dit versprei nie na ander dele van die liggaam nie. Daar is geen verband tussen OA en kanker of enige ander ernstig siektes nie. Die kwelling word somtyds ligter met die tyd en OA lyers ontwikkel selde ’n gebrek. In sommige gevalle is die onnodige vrees vir die toekoms erger as die siekte self. Moderne behandeling en die snykunde offer baie oplossings, veral aan diegene wat ernstige beskadiging aan die heup- of kniegewrig toon (gewrigte wat swaar kragte ondersteun).

Wat is die verskil tussen oa en rumatiek?

Rumatiek (RA) veroorsaak inflammasie van die gewrigsvlies (synovium). Dit veroorsaak erger swelsel en ander tekens van gewrigsontsteking wat gewoonlik nie by OA opgemerk word nie. Dit kan tot hewige gewrigs beskadiging lei. Oggend stramheid en wydverspreide gewrigs pyn kom meer dikwels voor by RA as by OA. Rumatiek tas ook die res van die liggaam aan, lei tot bloedarmoede, gewigsverlies en uitputting. ’n Bloedtoets wys nie OA uit nie, maar rumatiek kan uitgeken word deur verhoogde ESR (erythrocyte sedimentasie vlakke) en dikwels deur ’n positiewe ‘rumatiek faktor.’ X-strale toon ook ’n verskil tussen die twee kwale aan.

Dieët en Gewig?

Daar is hoegenamd geen bewys dat wat jy eet enige verskil maak nie, solank jy nie ooreet nie. Oorgewig veroorsaak erger druk op die gewrigte van die heupe, knieë en voete. Deur oortollige gewig te verloor kan jou ongemak verbeter word.

Daar is geen bewys hoegenaamd dat ’n spesiale dieët die siekte sal voorkom, of genees, of dat dit veroorsaak word deur ’n dieët-agent nie. Baie mense sal jou aanraai om ’n spesiale dieët te probeer, en dat hul OA verbeter het deur ’n verandering in wat hulle eet, maar op die oomblik bestaan daar geen bewyse dat OA hoegenaamd hierdeur beïnvloed word nie. Meer navorsing word gedoen op dieët en gewrigsontsteking. Die beste raad is om slank te bly en om ’n normale gesonde dieët te volg.

Rus en oefening?

Gewrigte word nie uitgewerk of oorwerk nie – meestal is dit beter om hulle te gebruik en om aktief te wees. Dit sal nietemin nodig wees om ’n balans te handhaaf tussen te veel beweging en te veel rus. Die meeste lyers vind dat te veel oefening meer pyn veroorsaak – aan die ander kant word die gewrigte baie stram as hulle te lank nie gebruik word nie.

Vir die meeste OA lyers is die beste raad – gebruik ’n bietjie, maar dikwels. Doen die huiswerk en tuinmaak oor kort periodes met kort episodes van rus tussen in. Moenie te lank op een plek sit nie, staan op en strek die gewrigte van tyd tot tyd.

Bedrywighede wat langdurige hewige pyn veroorsaak, moet liefs vermy word, maar, indien daar ’n spesiale rede is om aktief te wees, kan ’n pynstiller vooraf geneem word. Moenie bekommerd wees nie, jy veroorsaak nie vreeslike skade aan die gewrigte nie.

Swem en waterbehandeling?

Sommige mense beskou swem as ’n goeie manier om te oefen en fiks te bly, want dit veroorsaak nie baie pyn nie. Die warm water laat die spiere en gewrigte ontspan, dis kalmerend en help om die gewrigte meer vrylik te laat beweeg. As jy OA in die heup of knie het, is dit veral behulpsaam. Dokters skryf somtyds formele oefeninge in ’n hidroterapie swembad voor om spiere en gewrigte makliker te laat werk – sonder oormatige pyn.

Seks, die huwelik en die gesin?

OA is nie aansteeklik nie en kan nie oorgedra word aan familie of vriende nie. Dit behoort nie jou huwelik of jou gesin te beïnvloed nie. Nietemin mag gemeenskap pynlik wees, veral vir vroue wat aan OA in die heupe ly, nogtans kan verskillende maniere dikwels help.

As jy aan die gewone OA ly, met knopperige vingers, sal jou vroulike nasate ’n groter kans hê om dit ook later te ontwikkel. Dit sal heelwaarskynlik nie gebeur voor 50 jarige ouderdom nie en mag dalk nooit gebeur nie. Daar is niks wat jy kan doen om dit te verhoed nie, so die beste is om nie daaroor bekommerd te wees nie. Dit is ook baie onwaarskynlik dat die meeste soorte gewrigsontsteking oorerflik is.

Die Weer

Gevoelige gewrigte word gewoonlik deur die weer beinvloed. Hulle is gewoonlik meer sensitief wanneer die barometriese drukking aan die val is. Dit gebeur gewoonlik net voordat dit reën. Dit verklaar die vermoë van OA lyers om reën te voorspel en die verband tussen gewrigspyn en klamheid.

Daar is nietemin geen bewyse dat verskillende klimaat streke enige langdurige invloed het op die siekte of die uiteindelike gevolge nie. Die weer beïnvloed die simptome tydelik, maar nie die siekte nie. Dit dien geen doel om na ’n ander streek te trek met die hoop om die siekte gesond te maak nie.

Plaaslike hitte en lokale toediening?

Plaaslike hitte verlig dikwels die pyn en stramheid van gewrigte met OA. Verskeie soorte hittegewende lampe is baie gewild, maar dieselfde effek kan gewoonlik bereik word met baie goedkoper warmwater-bottels (wees egter versigtig, jy kan jouself verbrand met enige van die twee). Daar is ook baie soorte hulpmiddels beskikbaar by apteke om in pynlike gewrigte te vrywe. Die meeste veroorsaak plaaslike verhitting.

Hierdie toedienings maak geen lang termyn verskil aan die siekte nie en die meeste lei net tot tydelike verligting van die simptome. Wanneer sorgsaam toegepasword, is dit veilig en kan nie kwaad doen nie. Koperarmbande en dié ander soortige hulpmiddels dien tot geen voordeel nie, maar die mense se geloof daarin help hulle blykbaar!

Manipulasies en alternatiewe medisyne?

’n Chiropraktisyn (ruk-en-pluk dokter) en ander hulpmiddels kan lyers soms help met rugpyn waar ander metodes misluk het.

Dit is nietemin baie belangrik om seker te maak van die diagnose en bespreek dit eers met jou dokter, voor die ruk-en-pluk sessie, want dit kan somtyds baie gevaarlik wees – veral wanneer jy osteoporose in jou rug het.

Fisioterapie kan hulpsaam wees.

Verskeie soorte alternatiewe medisyne blyk sommige mense te help. Sommige, soos bv. akupunktuur (naaldprikking), het reeds bewys dat dit verligting bring, maar baie beteken niks meer as ’n troosmiddel nie. Daar is baie ander goeie praktiserende geneeshere, maar, ongelukkig, blyk dit ook dat baie die lyding van hul pasiënte uitbuit.

Na wie moet jy luister?

Baie goed-bedoelende mense sal raad aanbied. Tydskrifte en ander drukwerk bevat baie artikels oor gewrigsontsteking en die behandeling daarvan. Sommige bied ‘nuwe hoop’ aan en ander bevat ’n spesiale dieët of medisyne met wonderbaarlike eienskappe. Ongelukkig is daar nie wonderbaarlike geneesmiddels of maklike antwoorde nie. Voordat jy jou geld spandeer aan al die nuwe onbeproefde idees, bespreek jou toestand met die dokter en dink na oor die raad wat ons hier aangebied het.

Hou die blink kant bo!

Terneergedruktheid en ’n gebrek aan selfvertroue vererger pyn, want dit verlaag jou pyndrumpel. Iemand besoek dalk haar/sy dokter wanneer hy/sy terneergedruk voel en kla oor hewige pyn. Die dokter mag selfs groter pynstillende dosisse voorskryf. In werklikheid het die lyer die dokter se hulp nodig met die neergedruktheid/ontmoediging wat gepaardgaan met die gewrigsontsteking.

Terneergedruktheid en ’n gebrek aan selfvertroue vererger pyn, want dit verlaag jou pyndrumpel. Iemand besoek dalk haar/sy dokter wanneer hy/sy terneergedruk voel en kla oor hewige pyn. Die dokter mag selfs groter pynstillende dosisse voorskryf. In werklikheid het die lyer die dokter se hulp nodig met die neergedruktheid/ontmoediging wat gepaardgaan met die gewrigsontsteking.

<< Back