Dr Ajesh Maharaj
Rheumatologist
Westville - Durban

MB.BS.IMS.BHU(Varanasi);
H.Dip.Int.Med(SA);
FCP(SA) Cert in Rheumatology(SA)

Back to Top

Fibromialgie

Wat is Fribomialgie?

Fibromialgie is ’n naam wat gegee word aan wydverspreide pyn wat die spiere aantas, maar nie die gewrigte nie. Dit sal nie permanente skade aan weefsels veroorsaak nie, maar die simptome kan vir maande of jare voortduur. Daar is geen uiterlike tekens van die toestand nie en mense met fibromialgie lyk dikwels goed, maar voel ellendig. Om dié rede kan ander mense nie die pyn en moegheid wat jy ervaar, verstaan nie, en dit kan bykomende angstigheid veroorsaak. Fibromialgie is ’n algemene toestand wat somtyds so erg is dat dit jou werk en jou persoonlke en sosiale lewe aantas. By fibromialgie raak die senings en ligamente, of die fibreuse weefsels (fibro-), en die spiere (-mi-) deur pyn (-algie) en teerheid aangetas. Die pyn kan moontlik voel asof dit die hele liggaam aantas.

In die verlede is fibromialgie dikwels as spierrumatiek of fibrositis gediagnoseer, of dit is verkeerd gediagnoseer as degeneratiewe siekte van die spiere (tekens van slytasie is baie algemeen op x-strale van die ruggraat soos ons ouer word, of daar nou pyn is of nie). Navorsing die afgelope paar jaar het gelei tot ’n duideliker prentjie van wat met fibromialgie bedoel word, en die diagnose word nou meer dikwels deur rumatoloë en huisdokters gemaak.

Wat is die simptome van Fibromialgie?

Pyn, moegheid en slaapsteurings is die belangrikste simptome van fibromialgie. Die meeste mense ervaar die pyn van fibromialgie as seerheid, styfheid en teerheid in die spiere óm die gewrigte. Dit is die ergste in die oggend, of soos die dag aangaan of met aktiwiteit. Dit kan een deel van die liggaam aantas of verskeie verskillende dele soos die ledemate, die nek en die rug.

Partymaal kan moegheid (uitputting) die ergste aspek van fibromialgie wees. Algemene moegheid en gebrek aan energie, of spieruitputting en verlies van stamina kan voorkom. Hoe ook al, dit kan moeilik wees om trappe te klim, huishoudelike take te doen, inkopies te gaan doen of om werk toe te gaan. Soos jy onfikser raak, raak sale al hoe moeiliker. Dit is algemeen om soggens moeg wakker te raak.

Minder algemene maar steeds lastige simptome sluit in:

Simptome soos diékan natuurlik ook ander oorsake hê, en jou dokter kan help besluit of enige verdere toetse of advies nodig is. Die erns van die simptome en die gevolge van fibromialgie kan grootliks wissel, en hierdie omvang van die erns kan probleme veroorsaak met btrekking tot die diagnose van die toestand en tot wisselende mediese opinies lie. ’n Besondere kenmerk van fibromialgie is die behoefte om erkenning van die simptome te kry en om ernstig opgeneem te word.

Is Fibromialgie dieselfde as kroniese of postvirale uitputting (ME)?

Die simptome wat by mialgiese ensefalomiëlitis beskryf word, stem soms baie ooreen met dié by fibromialgie, behalwe dat ME-lyers dikwels ’n virusinfeksie kan onthou voor die simptome begin het, en hulle het ook dikwels minder pyn. Baie dokters gebruik die term “chroniese uitputtingsindroom” eerder as ME. Daar is baie wat nog uitgevind moet word omtrent hierdie toestande voordat ons sal kan sê of hulle dieselfde ding is.

Wat veroorsaak Fibromialgie?

Daar is nou ’n beter begrip daarvan dat siekte nie makklik in fisies of geestelik verdeel kan word nie, en dat daar interaksie tussen hulle bestaan. Fibromialgie is ’n siekte waarby die gees en die liggaam betrek word. Dit word partymaal ’n funksionele steuring genoem.

Navorsing omtrent fibromialgie is deur die bevinding van spesifieke teer punte en die ontdekking van slaapsteuring gestumileer. Ondersoeke van die breingolwe (elektroënkefalografie of EEG) tydens slaap het aangetoon dat mense met fibromialgie diep slaap verloor. Diep, “restourtiewe” slaap (sonder drome) word herhaaldelik en tot ’n groot mate deur ligter slaap met drome (REM-slaap) onderbreek. In ’n eksperiment het »n aantal gesonde mense wat telkens tydens diep slaap wakker gemaak is, dieselfde simptome en teer punte van fibromialgie ervaar.

Verskeie dinge kan die versteuring van diep slaap wat tot fibromialgie lei, veroorsaak. Meer as een oorsaak kan enige besondere individu aantas. Pyn en nekstyfheid kan slaap versteur. Die pyn en stremming van enige besering of van ’n ander siekte, soos artritis, kan voorkom. Emosionele pyn en die stremming van angs of depressie wat deur gebeurtenisse of verhoudings tuis of by die werk veroorsaak word, asook mishandeling tydens die kinderjare kan ook belangrike faktore wees.

Wanneer fibromialgie eers begin het, ontstaan ’n bose kringloop wat pyn en meer slaapsteuring teweegbring. Dit kan al genoeg rede wees om depressie te veroorsaak selfs indien dit nie aanvanklik ’n probleem was nie. Wanneer fibromialgie ooglopend met ’n ander toestand soos artritis verbind word, word dit “sekondêr” genoem (met ander woorde deur die ander toestand veroorsaak). Wanneer dit lyk asof dit alleen voorkom, word dit “primêr” genoem.

Die siklus van pyn en slaapsteuring.

Navorsing word gedoen om vas te stel of chemiese veranderinge in die senustelsel verhoogde sensitiwiteit (bekend as sensitisering) ten opsigte van drukking of relatief klein houe wat andersins nie pynlik sou wees nie, kan veroorsaak.

Hoe kan fibromialgie behandel word?

Fibromialgie kan vanself opklaar, maar dit kan weke, maande of selfs jare duur. Jou dokter kan moontlik in staat wees om jou te help deur die diagnose van fibromialgie te maak en jou daarvan te verseker dat jy, ondanks al die pyn, nie ’n toestand het wat permanente gestremdheid sal veroorsaak nie. Jy is ook nie meer geneig as enigiemand anders om later artritis te ontwikkel nie. Jou gesin kan jou ook help en jou deur begrip en aanmoediging bystaan.

Jou dokter kan ’n verskeidenheid middels wat vir die pyn kan help, voorskryf. Dit sluit in pynstillers soos parasetamol en nie-steroïed anti-inflammatoriese middels (NSAIM’s) (waarvan daar baie is). ’n Steroïed-inspuiting in die aangetaste gebied kan tydelike verligting gee indien een of twee plekke besonder pynlik is.

Jou dokter kan ook probeer ommet die slaapsteuring te help. Sommige mense kan beter slaap met ’n sagte nekstut, veral as die nek ongemaklik is. Dit kan nie skade doen om dit vir ’n week of so te probeer nie, mits jy nie in die gewoonte kom om dit gedurende die dag te dra nie. Gewone slaappille moet liewer vermy word aangesien hulle dikwels gewoontevormend is en op die lange duur hulle uitwerking verloor.

Baie mense met fibromialgie kan ook met behulp van ’n antidepressant gehelp word. Daar is bevind dat party van die ouer antidepressante (bv. amitriptilien) in die geval van langtermynpyn doeltreffend is. Hulle kan moontlik ook ’n kalmerende uitwerking hê en help om ’n slappatroon te herstel. Dit kan help selfs al is jy nie depressief nie, soos wat dikwels die geval by fibromialgie is. Die voordeel sal dalk nie onmiddellik merkbaar wees nie, en jy kan dalk newe-effekte – gewoonlik slaperigheid gedurende die dag – voor die voordele ervaar, sodat dit dus die moeite werd is om dit ’n paar maande lank te probeer voor jy besluit of dit help of nie. Jou dokter sal die dosis geleidelik verhoog tot »n doeltreffende vlak bereik word.

Jou dokter kan ook aanbeveel dat jy na ’n fisioterapeut of na ’n berader toe gaan vir verdere inligting en advies omtrent fibromialgie. Die doeltreffendste terapeut sal egter steeds jyself wees.

Hoe kan ek my eie Fibromialgie behandel?

Dit is nodig om die feit dat fibromialgie ernstig kan wees en etlike jare kan aanhou, te erken. Die goeie nuus is dat baie mense geleer het om hulle toestand te beheer sodat hulle kan voortgaan om hulle lewens te geniet. Mense met fibromialgie sê aan ons dat die onderstaande advies werk en sal help as jy daarmee volhard:

  1. Vind meer uit omtrent fibromialgie (in hierdie boekie of inn ander bronne) en stel vas of daar ’n plaaslike steungroep in jou omgewng is. Dit sal baie help as jy die frustrasie van hierdie toestand kan deel en weet dat daar ander mense in die samelewing is wat soortgelyke probleme het.
  2. Vra jou besin om hierdie boeke te lees, en as jy wil, moedig hulle aan om jou toestand met jou te bespreek. Jou siekte sal hulle lewens ook raak en hulle sal wil weet hoe en wanneer om jou te help.
  3. Stel die medikasie wat jou dokter aan jou kan bied op die proef en besluit dan of jy daarmee wil voortgaan.
  4. Moenie alkohol, tee of koffie laat in die aand drink nie, aangesien dit jou slaap kan versteur. Ontspanning en ligte oefening kan jou help om te slaap.
  5. Leer om vir jouself tyd te maak. Verminder senuspanning en stres. Leer om jou gedagtes en jou liggaan te ontspan. Musiek of ’n oudioband oor ontspannings-tegnieke kan jou ook help.
  6. Soek na doeltreffender maniere om gevoelens soos woede te kommunikeer. Berading of kognitiewe gedragsterapie kan help en jou huisdokter kan jou darheen verwys.
  7. Probeer om ongelukkigheid of probleme by die huis of werk reg te stel.
  8. Eet gesond en hou jou gewig laag.

Wat van oefening?

Navorsing het aangetoon dat aërobiese oefeninge fiksheid verbeter en pyn en uitputting by mense met fibromialgie verminder. Dit hoef nie te beteken dat jy by ’n aërobiese klas moet aan sluit nie (tensy jy graag wil). Aërobiese oefening beteken dat die sirkulasie van suurstof deur die bloed verbeter word, sodat enige oefening waar jy flink beweeg en wat jou vinnig laat asemhaal en jou hart vinniger laat klop, aërobies kan wees.

Swem is een van die beste vorme van oefening vir fibromialgie. Baie mense wat nie voorheen geleer swem het nie, kom agter dit is die moeite werd om te leer swem.

Probeer om verskillende aktiwiteite te doen om vas te stel wat in jou geval help en om geleidelik elke dag meer te probeeer doen, jou eie vordering te bepaal en jou liggaamlike aktiwiteit stadigaan te vermeerder. Jy moet voorbereid wees op terugslae, en op die feit dat aktiwiteit aan die begin meer pyn kan veroorsaak. Onthou ook dat wat vir een mens met fibromialgie hep, vir iemand anders dalk nie gaan werk nie.

Moenie oorambisieus wees oor jou vordering nie. Dit is beter om stadig en bestendig te werk te gaan. As jy voel dat dit te veel is om in die straat af te stap, begin om elke dag die huise waar jy verbystap, te tel en ná ’n rukkie sal jy agterkom dat jy al die strate tel. As jy gaa swem (en warmer water is strelender) begin deur eers net te staan en jou arms en bene teen die weerstand van die water te beweeg, vorder dan na lengtes en uiteindelik sal jy dan die soort oefening kan doen waaraan jy gewoond was.

Swem is ‘n uitmuntende vorm van oefening.

Jy moet verwag dat oefening aanvanklik pynlik sal wees en jy kan moontlik ook moeg raak. Vermeerder jou oefening tot ’n tempo wat jy kan hanteer. Begin liggies en vorder to ten minste 3 uur oefening per week. Dit is dikwels beter om 10 minute te oefen en dan eers te rus as om ’n uur lank aaneen te oefen. Indien pyn en moegheid erg toeneem, moenie die volgende dag so baie doen nie.

As jy aanhoudend oefen, sal jou fiksheid, buigsaamheid en stamina toeneem. Jou spiere sal geleidelik sterker word en daar sal meer spiervesels wees om jou ledemate gladweg te laat beweeg en besering van die senings en ligamente te voorkom. Oefening bevorder ook slaap en verbeter jou gevoel van welsyn.

Ander vorm van behandeling

Daar is nog nie bewys dat enige besondere dieet fibromialgie help nie, maar dit is verstandig om oormatige gewig te verloor en om nie te veel koffie en tee te drink nie. Beheer oor jou dieet help jou om in beheer van jou liggaan te voel.

Behandelings soos massering, akupunktuur, fisioterapie en manipulering deur ’n chiropraktisyn of osteopaat kan die pyn verminder en moraal verbeter, maar die voordele is nie noodwendig van lange duur nie. Slegs jy kan besluit of die voordele die tyd en die geld werd is.

Oefening, goeie slaap en hantring van liggaamlike of geestelike stres is die sleutels tot vermindering van die pyn en uitputting wat met fibromialgie gepaardgaan. Om werk toe te gaan, kan help. Totdat navorsing beter antwoorde kan verskaf, mot jy streef na self-standigheid.

<< Back